
Skilderye te Koop
Ons bied aan ‘n pragtige verskeidenheid olieverf skilderye te koop. Ons reeks Suid Afrikaanse skilderye omvat 'n wye spektrum genres. Daar is onder andere skilderye van landskappe, skilderye van natuurlewe, figuur studies, stillewe, realistiese asook moderne kuns.
Hierdie skilderye sal enige huis, vertrek of kantoor esteties bevorder. Ons unieke diens is dat u die kuns in die privaatheid van u huis of kantoor kan besigtig aangesien ons as ’n mobiele gallery, regdeur die land beweeg. As kliënt kan u sodoende 'n meer ingeligte keuse maak vir die kunswerk wat u wil aankoop vir elke vertrek.
Verder het ons 'n wye reeks spieëls, ons doen enige raamwerk en kan selfs ons kliënte met beeldhouwerk voorsien. 'n Nuwe raam gee beslis nuwe lewe aan 'n ou skildery en dit kan op so manier gedoen word dat dit die meubels in die vertrek komplimenteer.
‘n Noemenswaardige hoeveelheid van ons tevrede kliënte het gesofistikeerde en baie spesifieke voorkeur en smaak. Meeste was al lank op soek na iets spesiaal en het begin twyfel of hulle wel daardie spesiale skildery sou vind.
Sodra ons die skildery reeks aan hul voorlê is daar onmiddelik opgewondenheid. Die prag en kwaliteit van die kunswerk asook ons unieke diens lewer ‘n merkwaardige resultaat.
Ontbytsake het onlangs Art-e-Motion se dienslewerlewering aan ons kliente mooi uiteengesit.

Hieronder is skildery voorbeelde vanaf ons kunstenaars. Daar is egter talle meer te sien. Kyk gerus na ons "Artists Gallery" bladsy.










